Description
DIE AVONTURE VAN CASSIDY CLARKE:
AKL SAAD EN DIE SOEKTOG NA DIE HEILIGE KRUIK
Ontmoet vir Cassidy Clarke. Sy is nie die tipiese tienermeisie nie. ‘n Boekwurm. ‘n Nerd…. en blykbaar ook superslim. Alhoewel sy op die oog af redelik onopvallend voorkom, is daar ‘n kant van Cassidy Clarke wat min mense van weet. Die krulkop tiener-navorser het ‘n spesiale talent om mense in nood te help en is sy daarop uit om avotuur te jag.
Op ‘n reënerige dag in Londen, jaag sy vir Akl Saad met haar fiets onderste-bo. Was die ongeluk toevallig? Akl Saad se vreemde verhaal het vinnig in ‘n enorme krisis ontaard en kort voor lank bevind Cassidy en Akl hulle binne-in ‘n avontuur van ‘n leeftyd. Met tyd wat teen hulle is, moet dié twee vriende alles insit om betyds by die heilige kruik uit te kom. Gaan Cassidy betyds wees voordat die dodelike vloek Akl se familie tref?
Hierdie is ‘n naelbyt blitslees avontuur eboek wat jy beslis sal geniet. Spring gou saam op hierdie fantasie avontuurrit.
Reviews
There are no reviews yet.