Description
NOUPOORT
-deur Pieter Bonthuyzen-
Wanneer Angelique Muller wegloop na ‘n kinderlewe vol seerkry en pyn, bevind sy haarself ‘n paar jaar later vasgevang in ‘n leefstyl van dwelms en drank, wat byna haar lewe eis. Kort voor lank is sy terug in Noupoort waar sy omring word deur hart mense wat haar bystaan en haar klewe meer sin gee.
Angy staan skielik op ‘n kruispad waar sy haar pa moet vergewe. Dit raak vir haar ‘n sielswroeging en so begin sy die reis deur haarself om tot op die punt van vergifnis te kom. Sy besef gou dat vergifnis net op een plek verkry kan word…anderkant die nou poort.
Haar beste vriend uit haar kinderdae maak onverwags sy verskyning. Pieter Truter het self gevlug om van die spoke in sy kop, en dalk ook sy hart, ontslae te raak. Dié twee boesemvriende het albei ‘m moeilike pad om te stap, om tot by die vars windpomp-water van vergifnis uit te kom.
Boek naam: Noupoort
Skrywer/Outeur: Pieter Bonthuyzen
Boek aanbieding: Sagteband
Bladsye: 194
ISBN: 978-0-6399166-2- 0
1ste Uitgawe, Eerste druk 2017
Tipografie: Pieter Bonthuyzen
Taalkundige versorging: Hettie Faul, Pieter Bonthuyzen & Geneviève Schourie
Geset in 12pt in New Times Roman
Uitgewer: Self-Publikasie deur Twins Publikasies
Drukkers: Groep 7 Drukkers en Uitgewers (Pty) Ltd, Pretoria
© Kopiereg 2017 Noupoort
Reviews
There are no reviews yet.