Sale!

Sterligkinders (Pdf)

R90.00 R30.00

Tessa Nel is nie die standaard tienermeisie nie. Sy loop deur onder die verwoestende teistering van Mia Van Niekerk. Dit het haar daarheen gedryf om haarself in haar eie donker wêreld toe te sluit. ‘n Groepie weldoeners in die skool veg verbete om ‘n verskil te probeer maak in die lewens van ander kinders. Dit is juis Dirkie en sy spannetjie wat Tessa sou bystaan nadat sy in die hospitaal wakker geword het met skokkende nuus.

Die spanning tussen Tessa en Mia was op breekpunt en die sameloop van moeilike omstandighede het hulle albei in hul eie maalkolk van waansin gedompel.  Dit was juis tydens ‘n jeugkamp waar Tessa besef het dat daar wel hoop en ‘n nuwe lewe aan die anderkant van haar seer lê.  ‘n Onverwagse  verskyning van Mia, het albei meisies met nuwe keuses gelaat. Om in die donker van hulle seer te bly leef, of om deur die mure van hulle vrese te breek?

Wat sou dit verg om te vergewe? Wat sou dit kos om ‘n nuwe begin te maak?

Hulle sou gou besef dat daar ‘n lig in elke mens skyn en so ‘n verskil in ‘n donker wêreld kan maak……..dit is juis die donker spasies tussen-in, wat sterre meer sigbaar maak.

Boek naam: Sterligkinders

Skrywer/Outeur: Pieter Bonthuyzen

Boek aanbieding: PDF

Bladsye: 167

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sterligkinders (Pdf)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *