WEG – Afrikaanse kort film

WEG, is ‘n nuwe plaaslike kortfilm wat handel oor ontvoering en mensehandel.

Drie tiener meisies se partytjie  by ‘n nagklub ontaard in ‘n nagmerrie. Meer as twee weke se spanning en drama volg om hierdie meisies op te spoor. Ons ervaar die spanning en vrees wat die slagoffers in aanhouding beleef.  Ons kry ook insig oor die gewetenlose transaksies van ‘n dwelmbaas en ‘n enorme verrassingselement wat ‘n totale draaipunt  in die storie bring.

As ‘n geen-wins bewusmakingsprojek, is WEG een van die projekte wat aanklank vind by die teistering wat duisende Suid-Afrikaners daagliks moet beleef. Kinders word daagliks ontvoer. Met hierdie kortfilm wil ons ‘n bewusmaking uitstuur dat ontvoering en mensehandel ORAL gebeur. 

WEG word plaaslik in Welkom verfilm en word ook vervaardig deur Twins Kortfilm Produksies/ PVR Productions.

WEG is die breinkind van Pieter Van Rooyen en sy storie konsep is deur Pieter Bonthuyzen in ‘n draaiboek omskep. Die beplanning en projekontwerp van hierdie kortfilm is tans in volle swang en na verwagting behoort die verfilming van WEG teen middel April – Mei 2020 te begin. Daar word beoog om hierdie produksie in Julie 2020 vry te stel en die moontlikheid van ‘n Premiere-aand is nie uitgesluit nie. 

Plaaslike akteurs word weer die geleentheid gebied om in WEG te kan speel. Rolverdelings sal ook binnekort bekend gemaak word.

Om WEG te verfilm, het ons dringend ekstra toerusting en befondsing nodig. As kortfilm vervaardigers moet ons groei in dit wat ons doen en om ‘n produk te kan vervaardig wat spog met hoë definisie en ‘n goeie klankbaan, het ons ongelukkig addisionele toerusting nodig. Hierdie toerusting kan weer in toekomstige kortfilm produksies gebruik word, en dit sal ook daardie toekomstige kostes drasties verlaag. 

ONS DROOM DOELWIT: R 25 000.00
ONS MINIMUM DOELWIT: R 18 000.00

“CROWDFUNDING DRIVE”

03 Februarie 2020 – 4 Maart 2020 

(Slegs 30 Dae)

   
Ons het inderdaad uitgawes en ons benodig befondsing.  Buiten vir addisionele  toerusting, moet ons ook vir sekere dienste betaal. Ons benodig tussen R18 000.00 – R 25 000.00 om WEG in  hoë definisie en met ‘n hoë klank kwaliteit te kan vervaardig. Ons betrek ook  maatskappye en instansies by die produksie van WEG, en juis daarom moet ons hierdie kortfilm in die beste  kwaliteit moontlik vrystel.
WEG is ‘n GELOOFSPROJEK….ons pak dit kaalhande aan en ek glo dat die Here ook sal voorsien in dit wat ons so nodig het.”
 – Pieter Bonthuyzen-

Indien besighede of individue in die WEG-kort film projek wil belê, kan Pieter Bonthuyzen gekontak word by: 

064 686 0959
U kan ook op die skakels hieronder kliek om maklik u bydrae te maak.  
Daar is sekere “REWARDS” betrokke en u kan dit sien deur net op die betrokke OPSIE hieronder te kliek.
Daar is 4  befondsingskategorieë beskikbaar, waarvan Opsies 1 en 2, beperkte geleenthede gun. Hierdie twee kategorieë is die room van befondsing en daar is net 4 “seats” beskikbaar.

OPSIE 1: ERKENNING AS UITVOERENDE VERVAARDIGER (2 PLEKKE)

OPSIE 2: ERKENNING AS MEDE-UITVOERENDE VERVAARDIGER (2 PLEKKE)

OPSIE 3: ERKENNING AS BYDRAER (25 PLEKKE)

OPSIE 4: BYDRAER SONDER GEEN ERKENNING (OPE KATEGORIE) 

 

Baie dankie dat u dit oorweeg om ons te help met befondsing.  U bydrae kan ‘n groot verskil maak en dit kan  ons ook help om stories te bly vervaardig wat die lewens van ander mense kan verreik. Hierdie is my passie en my roeping. Dit is waarvoor ek leef… om  ‘n verskil te maak… om my talente te kan gebruik om ander te help. 

BAIE DANKIE

-Pieter Bonthuyzen- 

Kyk ook na die video hieronder om sommer ook saam ons opgewonde te raak.